Tuisskool is lekker met Kids@Spelling

Kids@Spelling het nuwe lewe in ons skooldag geblaas! Opgewonde dogtertjies maak my vroeg wakker, want hulle wil “spelwerkies” doen. Hulle ogies blink terwyl ons speel, beweeg en leer. Die storie van elke klank word deur baie kleur, prente en speletjies vasgelê, sodat hulle dit nooit sal vergeet nie.
Die temastudie maak elke klank nog meer lewend. Die tema van elke klank word op ‘n prettige en interessante manier aangebied.
Hierdie program voorsien alles wat nodig is vir ‘n goeie fondasie in Afrikaans en Engels. Alle lesse word stap vir stap verduidelik en klanke word op ‘n multi-sensoriese wyse aangebied met verskeie hulpbronne.
Kinders word bemagtig om self probleme in taal op te los en elke woord self te ontleed sodat hulle dit reg kan spel.
Belê vandag in jou kind se toekoms, jy sal nie spyt wees nie!

Shauneen van Rooyen (mamma van 4)

Hey there!

Access Lessons

Login To Come In