Description
Afrikaans Spelling is ‘n Boek met kleur en illustrasies, want ons taal is kleurryk. Die doel is om een handboek van Graad 1 tot 12 vir jou spelwerk te gebruik. Dieselfde prentjie moet elke jaar herhaal word. Hierdie handboek is nie aan ‘n spesifieke graad gekoppel nie en kan enige tyd op ‘n meer gevorderde vlak ook aangewend word.
Spelreëls word van dag een af aangeleer hoe om by die antwoord uit te kom, sonder om ure te leer en lang lyste spelwoorde te memoriseer.
Hierdie spelboek bevorder analitiese denke om met selfvertroue spel en lees boublokke vas te lê. Die spellingboek word ondersteun deur videolesse, magnete met verskillende kleure vir vokale, konsonante en diftonge. Daar is ook temastudies vir elke les geskryf wat aanvullend is tot die aanleer van die fonetiese klanke.
Reviews
There are no reviews yet.