Leer jou kind klank en spel in beide Afrikaans en Engels. Hierdie program is suksesvol vir ALLE KINDERS op verskillende vlakke van ontwikkeling.
Tuisskoolouers en enige opvoeder vind veral baat by die volledige uiteensetting en beskikbaarheid van materiaal.
Moet hierdie geleentheid nie misloop nie, maak leer PRET en behaal SUKSES!
Gebruik jou handboek en hulpmiddels altyd saam met jou les. Die video’s verduidelik die konsepte en kan herhaaldelik gebruik word.
Dit word ‘n storie vir die kind wat hy nie gou vergeet nie. Die eenheidstudie gee vryheid om nuwe inligting op ‘n interaktiewe en kreatiewe manier oor te dra.
Aanlynkonsultasies kan op afspraak bespreek word indien jy leiding verlang. Kontak ons persoonlik.