Algemene Inligting
Kliek op elke + om meer te leer oor hoe ons kursus werk. Dit is mooi uiteengesit vir elke module.
Ons behandel die alfabet as volg. Eers al die klinkers, ons maak seker die kind verstaan dat al die geel lettertjies in een groepie hoort.
Daarna gaan ons die alfabetiese volgorde gebruik. Die rede is; sodra die kind die alfabet se liedjie ken kan hy dus altyd self by die antwoord uitkom. Ons doel is nie om so vinnig as moontlik woorde te skryf nie, ons wil seker maak elke letter word volledig verstaan. Ons sien die uitvalle in die hoër grade as die kinders nie die tweede en derde klanke verstaan nie, hulle sukkel dan om te lees en spel.
Woordbou vind eers plaas wanneer die betrokke letters onder die knie is. Moenie te vinnig stap nie, dit skep later verwarring.
Die taalprogram word na die alfabet begin. Onthou die alfabet is die basis van alle taal.
Die taalprogram word aangebied volgens temas. Ons gebruik die riglyne van CAPS om die volgorde daarvan te bepaal.
Ons behandel ook elke tema volledig, nie graad spesifiek nie. Ons ervaring wys dat kinders vir 8 jaar bv. voornaamwoorde doen en nogsteeds geen begrip of vaslegging het nie. Die rede is alle temas word elke jaar herhaal en daar word bygevoeg, maar die volle prentjie word nie op een bladsy vasgelê nie. Ons benadering verskil deur van dag 1 af die volledige prentjie van bv. voornaamwoorde te leer en dan net Graad spesifiek te evalueer. Soms is dit bietjie moeiliker, maar na twee of drie herhalings is dit vir ewig in konteks en verwarring word uitgeskakel.

Druk op die skakel (”link”) om die video te kyk.



Module: Voorbeelde van inhoud.
Module Een
Module Twee
Module Drie
Module Drie
Letter n |
Letter p |
Letter r |
Letter s |
Letter t |
Letter v |
Letter w |
Letter x |
ng / nk |
sj / tj /ts |
Konsonante-indeling |
Module Vier
Module Vier
Lettergreepverdeling | ei diftong |
Lang a klankie (aa) | y diftong |
Lang e klankie (ee) | ui diftong |
Lang o klankie (oo) | aai diftong |
Lang u klank | ooi diftong |
ie klankie | oei diftong |
eu klankie | eeu diftong |
oe klankie | ai diftong |
ou diftong | oi diftong |
Module Vyf
Module Vyf
Vokaalgroepverdeling | Konsonante - tipes |
Diftonge - indeling | ei/I spelling |
f/v spelling | i/e spelling |
i/u spelling | 1 of 2 konsonante b/bb |
ee/e/eu spelling | d/t spelling |
y/ei spelling | Vas of los |
Module Ses
Module Ses
Leestekens punt | Leestekens aandagstreep |
Leesteken komma | Leestekens regmerkie |
Leesteken vraagteken | Leestekens asterisk |
Leesteken uitroepteken | Leesteken solidus/skuinsstreep |
Leesteken aanhalingstekens | Afkappingsteken |
Leesteken dubbelpunt | Akuut/gravis |
Leesteken hakies | Kappie |
Leestekens kommapunt | Deelteken |
Leestekens ellips | Koppelteken |
Hoofletters |
Module Sewe
Module Sewe
Meervoude | Sinswyses |
Verkleinwoorde | Taalverskynsels |
Woordmorfologie (samestellings en afleidings/ kern en bepaler) | Betekenisleer |
Klankverskynsels | Stylfigure |
Beeldspraak | Letterlik en figuurlik |
Trappe van vergelyking | Kritiese taalbewustheid |
Sinsontleding | Afkortings |
Ontkenning | Idiome: Graad 4 |
Direkte en indirekte rede | Idiome: Graad 5 |
Lydende en bedrywende vorm | Idiome: Graad 6 |
Deelwoorde | Idiome: Graad 7 |
Sinsleer |
Module Agt
Module Agt
Selfstandige naamwoord |
Lidwoorde |
Byvoeglike naamwoorde |
Werkwoorde |
Bywoorde |
Voornaamwoorde |
Voorsetsels |
Voegwoorde |
Telwoorde |
Tussenwerpsel |